Modulekode | DIP 877 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Bekendstelling aan en ontleding van diplomatieke teorie, gedefineer as sistematiese denke oor diplomatieke idees, aktiwiteite en vraagstukke. Sodanige denke het historiese, konseptuele en normatiewe elemente, en hou uiteraard met die diplomatieke praktyk as empiriese referent verband. Dit sluit die kritiese bestudering van sleutelaannames oor diplomasie in. Enersyds, aangesien diplomatieke teorie onvermydelik breër internasionale verhoudinge teorieë weerspieël, en aangesien die moderne diplomaat ook bepaalde begrip van laasgenoemde moet hê, word hieraan aandag gegee. Andersyds, op capita selecta grondslag, word aandag gegee aan teoretiese perspektiewe oor vraagstukke wat op die globale diplomatieke agenda verskyn. |
Modulekrediete | 30.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Politieke Wetenskappe |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 of Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App